Tuesday, November 23, 2010

Hoe om daar te kom!

Hierdie padverwysings aanvaar jy kom vanaf Kaapstad se rigting op die N1.

Volg die N1 deur die tonnel - of oor die berg as jy nie tol wil betaal nie... - tot by die eerste afdraai na Worcester toe - die R43. Wees maar versigtig met die spoed tussen die berg en Worcester - baie spoedkameras. Volg die pad Worcester in. Dit word later Rabie straat en nog later Trappes straat. Trappes straat loop gelukkig dood in Durban straat, anders so dit seker nog 'n naam gehad het. Draai regs in Durban straat en volg dit uit Worcester uit.

Net buite Worcester is daar 'n afdraai na links. Daar is SPCA huisie op jou regter hand by die afdraai - ek was al daarop gewys dat die huisie nie baie sigbaar is nie.... Gee 'n blinde 'n roeispaan. Die afdraai neem jou op die pad van Worcester na Villiersdorp. Indien jy reguit hou, gaan jy by Rawsonville uitkom - verkeerd. Ten spyte van al die straat naam veranderinge, is jy nog steeds op die R43 - die wonder van tegnologie, of is dit....

Vanaf die afdraai - of die SPCA huisie indien jy dit gesien het - is dit omtrent 10.5 Km tot by die afdraai na die kampterrein vir die roei. Op pad soontoe sal jy verby Aan-De-Doorns Kelder ry. Van die kelder af is dit nog omtrent 3.5 km.

Die afdraai na die kampterrein sit aan die linkerkant van die pad. Dit is net voor die brug oor die Breederivier - dus as jy oor die Breede ry, is jy te ver! Moenie die verwagting te hoog hou oor die toestand van die afdraai pad nie - nou gaan jy die bundu binne! Dit is ‘n tweespoor grond paadjie en die hek staan oop. Op die hek is ‘n bord wat sĂȘ “gesluit” – wat dit duidelik nie is nie. Volg die grond paadjie tot by die kampterrein. Daar mag nog 'n hek wees wat soms oop, soms toe is. Indien toe, maak asb oop voor dat jy verder ry.

Geniet dit :)

O ja, jy kan ook die roete op google maps volg:

No comments:

Post a Comment